Tuna

TUNAROL

Verhit oond tot 180˚ Celsius
KORS:
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2.5 ml sout
1 ml wit- of swartpeper
5 ml suiker
2 ml Garlic & Herbs speserye
1 ml mostertpoeier
125 ml gerasperde kaas
100 ml olyfolie
125 ml melk gemeng met 5 ml suurlemoensap
VULSEL:
1 blikkie Tuna gedreineer
2 eiers hardgekook en fyngedruk
1 klein ui fyngesny
25 ml mayonnaise
25 ml soet chilliesous
Sout en peper na smaak
1 ml Cayenne peper
15 ml droë pietersielie
METODE KORS:
Spuit of smeer ‘n oondbak.
Roer die droë bestanddele en gerasperde kaas deurmekaar.
Meng die olie en melk en sny met ‘n mes by droë bestanddele in tot ‘n deeg.
Hou in die yskas.
METODE VULSEL:
Meng die bestanddele van die vulsel saam.
Rol die kors se deeg langwerpig uit. Nie te dun nie dan loop die vulsel uit.
Smeer die vulsel oor die kors en rol die deeg op.
Lig versigtig op die oondbak en sny deur die deeg om wiele te vorm sonder om deur te sny.
Bak vir 20 – 30 minute tot ligbruin en gaar.