Groot Koeke

TURKISH DELIGHT KAASKOEK

500 ml Turkish Delight Joghurt
1 blikkie kondensmelk
1/2 pakkie Tennisbeskuitjies
30 g botter gesmelt
METODE:
Maak beskuitjies fyn en meng met botter.
Spuit 'n middelslag mikrogolfvaste bak. Druk beskuitjies vas op die bodem van die bak.
Meng die Joghurt en kondensmelk goed. Skep oor die beskuitjiekors en maak gelyk bo-op.
Bak op 'n omgekeerde piering vir 5 minute op hoog in die mikrogolfoond.
Moenie oopmaak nie en laat afkoel in die mikrogolfoond.
Laat heeltemal afkoel en laat verder afkoel in die yskas. Verkieslik oornag.

Related posts