Yskasterte

VEERLIGTE FEETJIE YSKASTERT

1 pakkie Tennisbeskuitjies
50 ml gesmelte botter of margarien
1 blikkie Kondensmelk
1 blikkie Nestlé Room (dit moet room in ‘n blikkie wees)
½ koppie Suurlemoensap
Sjokolade splinters (Opsioneel)
METODE:
Verkoel Kondensmelk en room oornag in yskas.
Druk Tennisbeskuitjies fyn, meng met gesmelte botter en druk in ‘n tertbord. Hou oor om mee te versier.
Klits room met klitser tot dubbel die volume.
Klits kondensmelk by.
Klits suurlemoensap by.
Versier met koekie-krummels en sjokoladesplinters.
Verkoel weer voor opdiening.