Blomkool

VEGAN KAASSOUS

400 g blomkoolblommetjies
500 g botterskorsie, in stukke gesny
1 liter water
1 liter groenteaftreksel
15 ml olyfolie
10 knoffelhuisies, fyngekap
125 ml Nutritional Yeast (voeg meer by vir 'n skerper kaasgeur)
195 ml klappermelk
5 ml paprika
'n Knippie rooipeper, (opsioneel)
7 ml sout
Swartpeper na smaak
METODE:
1. Voeg die water en die groenteaftreksel by in 'n groot diep pan en bring die mengsel tot kookpunt.
2. Voeg die blomkoolblommetjies en gekapte botterskorsie by, bedek die pan en kook vir 8-10 minute of totdat die groente vurksag is.
4. Terwyl die groente kook, verhit die 60 ml water in 'n kleefvrye pan oor medium
verhit (alternatiewelik, in plaas van die water, kan jy 15 ml olyfolie of avokado-olie verhit).
Sodra die water prut (of die olie blink), voeg die fyngekapte knoffel by. Kook vir 3 minute, roer gereeld om vasbrand te voorkom totdat die water meestal verdamp en die mengsel geurig is.
5. Skep die groente in 'n versapper. Behou 375 ml van die kookvloeistof.
Verdeel die res in twee by die versapper.
6. Plaas die knoffelmengsel oor na die versapper met die gaar groente en afgekookte vloeistof. Voeg die Nutritional Yeast, klappermelk paprika, sout en swartpeper na smaak by. Meng totdat die sous glad, dik en romerig is, voeg die kookvloeistof by om die sous te te verdun. Geur na smaak met bykomende sout en peper soos nodig.
As jy oorskiet het, sit dit oor in 'n lugdigte houer en bêre in die yskas vir tot 1
week. Of jy kan hulle vir 'n langer tydperk in kleiner porsies vries.