Komkommers

VITAMIENE A & C SLAAI

Ek raak gereeld uit Vitamine C soos die stomme matrose in die ou dae en kry skeurbuik. Seertjies in die mond en gebarste tong. Hierdie slaai kom telkens tot my redding. Ek is geseën met 'n Skotse vel en moet uit die son bly en Vitamine D uit eiers kry. Dan kom die Tuisgemaakte Mayonnaise handig te pas aangesien ek nie van eiers hou nie 😏
😣

SLAAI
1 Engelse komkommer (grof geraspe)
1 groot appel (Granny Smith) (grof geraspe)
1 murgpampoentjie (grof geraspe)
1 koppie fyngesnyde Pietersielie (stammetjies het die meeste Vit C)
1 blikkie ertjies (drink die vloeistof met sodawater dis vol Vit C)
Genoeg mayonnaise om dit lekker romerig te maak.
METODE:
Meng alles en geur met mayonnaise. Verkoel en eet kort-kort daarvan.
TUISGEMAAKTE MAYONNAISE
Bestanddele:
2 eiergele of 1 eier (wit en geel) Vit D is in die geel van die eiers
2 ml mostertpoeier
5 ml suiker of versoeter
2 ml sout
knippie witpeper
10 ml suurlemoensap of asyn
250 ml olyf of kookolie of ‘n mengsel daarvan
METODE:
Klits die eiergele, mostert, suiker, sout, witpeper en suurlemoensap of asyn saam in ‘n mengbak. Hou aan met klits en voeg die olie druppel vir druppel by. Sodra die mengsel begin verdik, kan meer olie op ‘n slag bygevoeg word.(Gewoonlik na 60-75 ml) Hou aan met klits totdat al die olie bygewerk is. Ek gebruik D-Light kookolie. (Verkrygbaar by Kit Kat winkels)

Related posts