VRUGTE SLAAI
Gebruik enige vrugte. Ek moes maar vat wat ek kon kry.
BESTANDDELE:
Pynappel
Mango
Peer
Appel
Sap van 'n klein suurlemoen of na smaak
60 ml suiker of versoeter
1 ml sout
METODE:
Sny al die vrugte in klein stukkies. Hou die appel vir laaste anders word dit bruin.
Gooi die suurlemoensap, suiker en sout oor en meng deeglik deur.
Plaas in die yskas en bedien yskoud.