Southappies

WILNA SE HEERLIKE SKONS

Verhit oond tot 220°C
60 ml kookolie
1 eier
Volroom melk
5 ml suurlemoensap
500 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
2.5 ml suiker
1 ml sout
METODE:
Spuit 'n 12 koppie muffinpannetjie.
Gooi kookolie in 'n maatbeker en breek eier by.
Klits effens met 'n vurk.
Gooi melk by tot 250 ml.
Voeg suurlemoensap by.
Meng droë bestanddele en roer melkmengsel liggies by.
Skep in die muffinpan en bak vir 12 minute.