Lekkers

WIT SJOKOLADE FUDGE

500 g wit sjokolade splinters
280 g kondensmelk
50 g fyn klapper
METODE:
Smelt sjokolade in 'n middelslag kastrol oor lae hitte op die stoof.
Roer die kondensmelk by en verwyder van hitte.
Roer die klapper by en skep in 'n gespuite 20 x 15 cm pannetjie.
Laat afkoel tot redelik styf. Sny in blokkies. Moenie wag tot dit heeltemal styf is voor dit gesny word nie. Plaas in yskas tot heeltemal gestol.