Groot Koeke

WORTELKOEK

Verhit oond tot 160° Celsius
375 ml suiker
3 eiers
250 ml kookolie
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
1 ml sout
7 ml kaneel
5 ml neutmuskaat
5 ml koeksoda
3 groot wortels grof geraspe
125 ml gekapte okkerneute
METODE:
Smeer of spuit twee 22 cm deursnee koekpanne.
Klits eiers en suiker tot lig en romerig.
Hou aan klits en voeg die kookolie in 'n dun straaltjie by.
Meng die droë bestanddele saam met 'n draadklitser en roer dit met 'n lepel by. Moenie klits nie.
Voeg laaste die wortels by en roer goed deur.
Skep in die voorbereide koekpan en bak vir 70 tot 80 minute by 160° Celsius.
Laat afkoel in die pan. Keer uit op 'n koekbord en versier.
VERSIERSEL:
250 g botter kamertemperatuur
2 bakkies roomkaas koud
400 ml versiersuiker gesif
2.5 ml Vanieljegeursel
0.5 ml sout
METODE:
Klits die botter tot lig en donsig.
Roer die roomkaas lepel vir lepel by maar moenie klits nie dan word dit waterig.
Voeg die versiersuiker by en meng goed.
Laaste die Vanieljegeursel en sout.
Smeer tussen die twee lae en bo-op en versier met okkerneute.