Yskas Vrugtekoek
200 g Botter of Margarien
250 ml Suiker
1 Eier goedgeklits
125 g Vrugtekoekmengsel
125 - 200 ml Brandewyn/Lemoensap/Hanepoot/Rum
1 pakkie Mariebeskuitjies fyngebreek
Klapper
Gooi brandewyn (of jou eie keuse) oor die dadels en vrugte.
Spuit 30x24 cm bak.
Smelt botter en suiker saam oor lae hitte sonder dat mengsel verbruin.
Voeg vrugtemengsel by en kook 3 minute stadig.
Roer van mengsel by die eier. Skep terug in kastrol en roer alles baie goed saam.
Voeg Mariebeskuitjies by en meng goed. Strooi klapper oor.
Skep in bak. Laat afkoel en sny in blokkies.
Laat oornag styf word in yskas.